fbpx
Vryheidsfront Plus

Vordering met rioolkrisis in Limpopo nรก druk van VF Plus

Dit blyk dat daar eindelik vordering is met die voortslepende rioolbesoedeling van waterbronne in Limpopo danksy die optrede van die VF Plus.

Die besoedeling word versoorsaak deur swak munisipale bestuur in verskeie Limpopo-dorpe. Die VF Plus het deurlopende druk op provinsiale vlak geplaas om iets aan die probleem te doen.

Luidens berigte het die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, ล‰ strafregtelike klag ingedien teen drie munisipale rekenpligtige beamptes in Limpopo oor die storting van afvalwater in riviere.

Beamptes van die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit, Mogalakwena- en Lephalale-plaaslike munisipaliteite is aangekla.

Die VF Plus veg sedert 2019 teen die voortslepende rioolkrisis. Die party het onder meer in Julie 2019 die munisipaliteite van Thabazimbi en Modimolle-Mookgophong asook die Waterberg-distriksmunisipaliteit vir ernstige menseregtevergrype by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verkla.

Die party het ook in Maart vanjaar โ€™n strafregtelike klag teen die verantwoordbare amptenary van die Vhembe-distriksmunisipaliteit (Musina, Louis Trichardt) geopen in diรฉ verband.

โ€™n Maand later, in April, het die party in Ellisras aksie geneem rondom die jarelange rioolprobleem en het ook hier โ€™n klag by die MRK ingedien.

Op munisipale vlak het die party in Julie vanjaar onder meer ล‰ dringende skrywe gerig aan die Polokwane-plaaslike munisipaliteit om onmiddellik die Seshego-rioolsuiweringsaanleg buite Pietersburg te besoek en ล‰ oplossing te vind vir riool wat vanuit die aanleg in die Bloedrivier stroom.

Rioolsuiweringsaanlegte in die volgende dorpe sal ook binnekort aandag geniet: Thabazimbi, Northam, Rooiberg, Nylstroom, Naboomspruit, Musina en Louis Trichardt.

Limpopo is ล‰ waterskaars-provinsie en die ongebreidelde besoedeling van waterbronne en โ€™n ongesonde omgewing om in te woon kan nie toegelaat word nie.

Die VF Plus sal sy druk volhou om toe te sien dat inwoners van Limpopo se grondwetlike reg om in ล‰ skoon en veilige omgewing te leef en werk, eerbiedig word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandrรฉ de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.