fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebrek aan gebeurlikheidsplanne in Gauteng vererger waterkrisis

Gebrek aan volhoubare gebeurlikheidsplanne deur plaaslike bestuur en Randwater nadat herstelwerk aan waternetwerke afgehandel is, is die hoofoorsaak van watertekorte in dele van Gauteng.

Dit is tekenend van die krisisbestuur wat die Gauteng-regering volg om probleme op ad hoc basis aan te spreek, sonder om die gevolge daarvan in ag te neem.

Die 58-uur beplande onderhoud aan die Eikenhof-pompstasie wat op Dinsdagaand 11 Julie afgeskop het en Vrydagoggend afgehandel sou wees, het inwoners van Krugersdorp egter nog steeds onverhoeds betrap. Inwoners is Vrydag meegedeel dat die munisipale watervoorsieningstelsel totaal opgedroog het en wateropgaardamme en reservoirs leeg is.

Dit het daartoe gelei dat watertrokke nie volgemaak kon word nie.

ʼn Verde bron van frustrasie is dat watertrokke later in die dag net na sekere versamelpunte ontplooi is. Geen inligting is vooraf deurgegee na raadslede nie en inwoners moes inderhaas water aankoop.

Inwoners het raadslede geskakel en daar is gereël dat watertrokke wat nog water beskikbaar het, water aan ouetehuise, klinieke, kleuterskole en dagsorgsentrums voorsien.

Hierdie swak beplanning en bestuur van noodsaaklike hulpbronne, veral waar dit gaan om die voorsiening van lewensnoodsaaklike dienste soos water, kan nie langer op plaaslike vlak geduld kan word nie.

Die VF Plus het reeds die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Mzi Khumalo, versoek om te help om die waterkrisis in Gauteng op te los deur watertrokke van elders in die provinsie na dorpe waar daar geen watertrokke beskikbaar is nie, te stuur.

Dit is jammer dat mense sonder water gelaat word en daar nie genoeg voorsiening vir alternatiewe watervoorsiening gemaak is nie. Inwoners van Gauteng verdien beter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.