Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley: Operasies kan voortgaan ten spyte van waterkrisis

Gerugte van watertekorte die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley wat lewensgevaarlik vir pasiënte is, blyk onwaar te wees en die hospitaal doen tewens veel om seker te maak daar is voldoende water.

Mense van regoor die Noord-Kaap word na dié hospitaal vir veeleisende operasies verwys. Daarom het groot kommer ontstaan toe probleme met watervoorsiening vrese laat ontstaan het dat noodsaaklike operasies nie gedoen kan word nie.

Met ‘n ter plaatse ondersoek vanmiddag kon die VF Plus self vasstel dat alle teaters wel in ʼn werkende toestand is.

Nadat die party in kennis gestel is dat twee vroue wat keisersneë vereis weens ‘n watertekort nie geopereer kan word nie, is navraag tot die waarnemende uitvoerende hoof, dr. Vincent Tsolo, gerig.

Hy het die versekering gegee dat alle behandeling wel kan voortgaan en het die VF Plus genooi om die hospitaalkompleks self te besoek.

Raadslid Kobus van den Berg was binne ‘n uur daar en is deur dr. Tsolo en sy afdelingshoofde deur die hospitaal geneem. Dit was duidelik dat daar wel waterprobleme is wat aandag geniet, maar ook dat alle teaters wel water het.

Die spesifieke pasiënte wat onder die VF Plus se aandag gebring is, is weens kliniese faktore nog nie geopereer nie.

Aangesien gesondheid vir almal belangrik is, verwelkom die VF Plus die hospitaal se deursigtige benadering tot die probleem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.