Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voormalige bevelvoerder van Norwood-polisiekantoor moet ondersoek word oor vermiste wapens

Die VF Plus dring daarop aan dat die voormalige bevelvoerder van die Norwood-polisiekantoor, kol. Phetole Mahasha, strafregtelik verantwoordelik gehou word indien die Valke se ondersoek daarop dui dat hy by vuurwapendiefstal by dié polisiekantoor betrokke is.

Sy bedanking mag hom nie vrywaar van verantwoordbaarheid nie.

Onder kol. Mahasha se bevel het 175 vuurwapens tussen 2014 en 2020 weggeraak waarvan 134 bewysstukke in misdaad en 41 amnestie-vuurwapens is. Suksesvolle vervolging is direk hierdeur in die wiele gery.

Die VF Plus was gister deel van ‘n oorsigbesoek aan die Norwood-polisiekantoor en het gevra dat ‘n behoorlike vuurwapenoudit uitgevoer word, nie net by die betrokke polisiekantoor nie, maar ook by alle polisiekantore in Gauteng om vas te stel of dieselfde tendens nie elders voorkom nie.

Dit gebeur te veel dat vuurwapens wat by ‘n polisiekantoor wegraak, in hande van bendelede beland en dan in misdaad gebruik word.

‘n Polisiebeampte is met een van dié vermiste Norwood-vuurwapens gewond tydens ‘n skietery tussen die polisie en gewapende rowers terwyl ‘n ander in ‘n misdaad in Mooinooi gebruik is.

Indien die Valke se ondersoek, wat nog nie afgehandel is nie, bevind dat ander polisiebeamptes ook betrokke is by aangeleentheid, moet hulle strafregtelik vervolg word.

‘n Sterk boodskap moet aan polisiebeamptes gestuur word dat hulle nie bo die wet verhewe is nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.