Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voorgenome mynbou op Rooifontein digby Kimberley kry wind van voor

Vandag se openbare deelnameproses oor voorgenome mynbou op die Rooifontein-plaas aan die grens van Kimberley, het gewys op sterk openbare teenkanting en die VF Plus sal ‘n wakende oog oor die projek hou.

Die VF Plus het die verrigtinge bygewoon.

Teenstand vanuit die gemeenskap kom van oor die hele spektrum van die Kimberley-gemeenskap.

Dit sluit boere, jagondernemings, informele myners en natuurkundiges in.

Gemeenskapslede se kommer wentel om die beskikbaarheid van water, die rehabilitering van uitgewerkte myne, veiligheid en die natuurlewe.

Boere uit die omgewing het daarop gewys dat vorige mynbedrywighede in die direkte omgewing juis vantevore gedwing is om te staak omdat waterbronne in die omgewing daaronder gely het.

Gemeenskapslede het warm onder die kraag geraak omdat hulle gemeen het dat alle vrae nie na behore beantwoord is nie. Daar was geen ondersteunende deelname nie.

Die betrokke plaas behoort aan die Ekapa-mynmaatskappy, maar die aansoek word gebring deur ‘n onafhanklike onderneming, Affordable Outcomes, wat in Christiana gevestig is.

Aanduidings was dat gemeenskapslede meer gerus met ‘n plaaslike ontwikkelaar sou wees.

Die onderneming voorsien dat die projek 27 werksgeleenthede sal skep. Verskeie deelnemers het die moontlike verliese in vee- en wildboerdery hiermee vergelyk.

Daar is kommer dat die departement van minerale – en petroleumhulpbronne ook nie sal toesien dat alle beloftes rakende rehabilitasie nagekom word nie.

Die VF Plus onderneem om toe te sien dat geen kortpaaie met hierdie omstrede projek geneem word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.