Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vonnisse in Nicci Jansen van Rensburg-moordsaak verwelkom

Die VF Plus verwelkom die vonnisse wat aan die drie beskuldigdes in die Nicci Jansen van Rensburg-moordsaak vandag in die hooggeregshof in Polokwane opgelê is.

Nicci is op 7 Oktober 2022 op sy plaas in Roedtan, Limpopo, vermoor.

Al drie die beskuldigdes het lewenslange tronkstraf ontvang en bykomende tronkstraf vir sameswering om ʼn rooftog te pleeg, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die VF Plus verwelkom regter Marisa Naudé-Odendaal se sterk veroordeling van plaasmoorde en die negatiewe invloed wat dit het op gemeenskappe en boere het.

Sy het verder die VF Plus se standpunt in haar uitspraak onderstreep dat plaasmoorde ʼn werklikheid is in Suid-Afrika en dat dit nie as ʼn gewone moord beskou kan word nie weens die gepaardgaande brutaliteit.

Dit bevestig verder dat plaasmoorde en -aanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad beskou en behandel moet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.