Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tyd dat Stad Kaapstad kragvoorsiening na sekere gebiede in die metro oorneem by Eskom

Die tyd het aangebreek vir die Stad Kaapstad om Eskom se kragvoorsiening na sekere gebiede in die metropool oor te neem.

Die Stad Kaapstad voorsien krag aan 75% van die metro en Eskom verskaf 25% direk aan sekere gebiede.

Die gebiede wat onder Eskom val, sit soms vir weke en selfs maande sonder krag.

Fisantekraal in Durbanville was byvoorbeeld vir weke sonder krag ten spyte van talle pogings van Eskom om die kragtoevoer te herstel.

Gister het die verlengde kragonderbrekings tot protesaksies in Elsiesrivier en Ravensmead gelei.

Die meerderheid van die geraakte huishoudings het nie toegang tot die internet om kragprobleme direk by Eskom aan te meld nie en reik na raadslede uit om hulle by te staan.

So kon die VF Plus daarin slaag om Eskom-tegnici binne 24 tot 48 uur te kry om op kragprobleme te reageer.

Dit is egter nie ʼn langtermyn-oplossing nie.

Tans word die Stad Kaapstad ingevolge wetgewing verbied om kragfoute te herstel in gebiede wat deur Eskom bedien word. Slegs Nersa het die gesag om dit te verander.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die Stad Kaapstad om voort te gaan om die gebiede wat deur Eskom bedien word oor te neem om ʼn einde te bring aan die aanhoudende kragonderbrekings waaronder hierdie inwoners gebuk gaan.

Indien Eskom voortgaan om Kaapstad se aanbod om sy kragverspreidingsgebiede oor te neem te weier, sal die VF Plus ʼn petisie loods om geraakte inwoners te mobiliseer om Eskom te dwing om daarvan afstand te doen.

Inwoners kan kragprobleme intussen aanmeld by die Alfred-kletsbot via die whatsapp-nommer 0860 037 566.

Indien Eskom nie binne 24 uur reageer nie, is inwoners welkom om die VF Plus-raadslid Emre Uygun per whatsapp te kontak by 081 494 7270 of per e-pos by Emre.uygun@capetown.gov.za.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.