Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Spaza-winkels in Ekurhuleni gesluit weens nie-nakoming van regulasies

Die VF Plus verwelkom die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se onlangse sluiting van ses spaza-winkels in die Ekurhuleni-metro weens die nie-nakoming van onder meer gesondheidsregulasies.

Die spaza-winkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong geleё.

Alhoewel die party die optrede verwelkom, is dit net die punt van die ysberg.

Daar is baie meer spaza-winkels in die metro wat bedryf word sonder om te voldoen aan die basiese gesondheids- en veiligheidsregulasies wat die gesondheid en welsyn van gemeenskappe op die spel plaas.

Die VF Plus steun ondernemingsgees en mense se reg om ʼn bestaan te maak en hul gesinne te versorg. Dit mag egter nooit ten koste van die publiek se veiligheid geskied nie.

Daar is streng regulasies wanneer dit kom by voedselveiligheid, higiëniese standaarde, lisensiëring en die behoorlike hantering en berging van eet- en drinkgoed.

Die VF Plus is van mening dat daar nie net sporadies op oortreders toegeslaan moet word nie, maar dat die volle omvang van die probleem aangespreek moet word.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die Ekurhuleni-metro om:

• Inspeksies te verskerp in alle gebiede van die munisipaliteit, veral in gebiede met ‘n hoë konsentrasie van informele voedselondernemings
• Die spesifieke oortredings wat tydens hierdie operasies gevind is, openbaar te maak om deursigtigheid en bewustheid te verbeter
• ‘n Proaktiewe nakomingsbewusmakingsprogram vir nuwe en bestaande sake-eienaars te implementeer
• Vinnige en streng optrede te neem teen herhaalde oortreders wat steeds die wet ignoreer.

Die lewens en gesondheid van Ekurhuleni se inwoners moet beskerm word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.