Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het.

Dié dorp, Addo en Paterson in die Sondagsriviervallei-plaaslike munisipaliteit is, as die groenste munisipaliteit in die Oos-Kaap vir die 2023/24-jaar bekroon en is beloon met ʼn kontantprys van R50 000.

Deesdae word Kirkwood eerder gekenmerk vir sy onverwyderde vullis, vervalle paaie, verstopte stormwaterstelsels, toegegroeide openbare ruimtes en beskadigde infrastruktuur.

Die munisipaliteit se gebrek aan konsekwente instandhouding raak nie net die dorp se voorkoms nie, maar het ook ‘n negatiewe impak op die moraal, openbare gesondheid en veiligheid van inwoners en besoekers.

Ten spyte van herhaalde versoeke van bekommerde inwoners en gemeenskapsleiers, blyk dit dat daar min tot geen sigbare poging van die munisipaliteit is om die dorp se waardigheid te herstel nie.

Van roetine-skoonmaak-, herstelwerk- en langtermyn-instandhoudingstrategieë is daar geen sprake nie.

Hierdie volgehoue verontagsaming ondermyn openbare vertroue en skep die indruk van administratiewe onverskilligheid teenoor die behoeftes en regte van die mense wat veronderstel is om die munisipaliteit te dien.

Die VF Plus eis dat die munisipaliteit:

• Die huidige toestand van verval in Kirkwood met deursigtigheid en dringendheid erken.
• ‘n Omvattende oudit van munisipale instandhoudingsagterstande en diensleweringsgebreke loods.
• ‘n Sigbare aksieplan implementeer om onmiddellike probleme aan te spreek en verdere verval te voorkom.

Die mense van Kirkwood verdien om in ‘n dorp te woon wat burgerlike trots, funksionaliteit en waardigheid weerspieël.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.