Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp NMBM se buitensporige tariefverhogings

Die VF Plus het sy teenkanting uitgespreek teen die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se konsepbegroting vir 2025/26-finansiële jaar weens buitensporige tariefverhogings wat inwoners onder verdere finansiële druk gaan plaas.

Die voorgestelde tariefverhogings sluit in:
• 5% in eiendomsbelasting
• 5.5% vir water- en riooldienste
• 6% vir vullisverwydering
• 12.8% in kragtariewe

Dit is onaanvaarbaar om sulke verhogings in te stel terwyl basiese dienslewering feitlik tot stilstand gekom het. Grootskaalse onwettige kragverbindings, waterlekkasies en gebrekkige vullisverwydering is aan die orde van die dag.

Die party het weens die metro se nienakoming van sy pligte al self ingespring om te help om slaggate te herstel en solarligte op te rig in sekere gebiede wat gebuk gaan onder misdaad.

Die NMBM moet eerder korrupsie aanspreek, onwettige kontrakte kanselleer en bestaande hulpbronne effektief bestuur in stede daarvan om inwoners verder te belas.

Die VF Plus kan nie ʼn begroting steun wat nie in belang van die inwoners van die NMBM is nie.

Die tyd het aangebreek dat die NMBM die geld verdien wat inwoners vir dienste betaal en dit nie as ‘n gegewe te beskou nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.