Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ghost Town is simptoom van Stad Kaapstad se mislukte ruimtelike beplanningsbeleid

Die VF Plus beskou die Stad Kaapstad se besluit om inwoners van Soutivier Brug te hervestig in die informele nedersetting Ghost Town by die Maitland-begraafplaas, as ʼn simptoom van die stad se mislukte ruimtelike beplanningsbeleid.

Die party steun die Kensington- en Factreton-inwoners- en belastingbetalersvereniging (Ken-Fac) se beswaar teen die verskuiwing van hierdie inwoners.

Ghost Town het ontstaan nadat die Stad Kaapstad tydens die Covid-19-pandemie tente daar opgeslaan het om hawelose persone van die middestad te huisves. Die tente is daar gelaat waarna informele strukture rondom dit opgeslaan is.

Hierdie plan was duidelik nie goed deurdink nie.

Die “Ghost Town” hervestigingsplan is nie ‘n behuisingsoplossing nie, dit ondersteun die konsep van onwettige plakkery in die stad.

Dit is ook onaanvaarbaar dat daar nie ʼn openbare deelnameproses gevolg is waar die inwoners van Kensington en Fractreton hul teenkanting en bekommernisse oor die verskuiwings kon deel nie.

Wetsgehoorsame en getroue belastingbetalers word nou benadeel terwyl onwettige grondbesettings beloon word.

Die Stad Kaapstad se huidige benadering tot behuising en ruimtelike ontwikkeling is onvolhoubaar en onregverdig.

Indien Kaapstad ernstig is oor behuising en orde moet die metro nuwe onwettige besettings voorkom, behuising vir behoeftiges op ʼn waglys bespoedig en goed geleë behuising prioritiseer.

Daar is ook heelwat grond wat aan die Stad Kaapstad behoort wat vrygestel kan word vir gemengde behuising.

Die Stad Kaapstad se huidige strategie is nie die oplossing vir die metro se behuisingsprobleem nie.

Die VF Plus is absoluut gekant teen hierdie hervestiging sowel as die bevestiging van “Ghost Town” as nog ‘n erkende informele nedersetting.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.