Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voertuigeienaars word gestraf weens Rand West-munisipaliteit se wanbetaling aan Gautengse departement van vervoer

Dit is onaanvaarbaar dat voertuigeienaars nie hul motorlisensies by die lisensiekantore in die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) kan hernu nie weens die munisipaliteit se wanbetaling aan die Gautengse departement van vervoer.

Die Rand West-munisipaliteit tree as agentskap op vir die Gautengse departement van vervoer met die uitreiking van voertuiglisensies.

Ingevolge die ooreenkoms moet die munisipaliteit 80% van die inkomste wat ontvang word vir die uitreiking van voertuiglisensies, aan die departement oorbetaal.

Die munisipaliteit kom nie altyd die ooreenkoms na nie en die departement weerhou die gespesifiseerde papier waarop lisensieskywe gedruk moet word.

Die wanbetaling van die munisipaliteit lei tot groot ontevredenheid by voertuigeienaars wat dikwels voor dooiemansdeur te staan kom omdat personeel huis toe gestuur word omdat hulle nie kan werk nie.

Sommige motoreienaars word gedwing om met lisiensieskywe te ry wat reeds verval het of wat ekstra onkostes moet aangaan om na lisensiekantore in ander munisipaliteite te ry.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder, Marks Nkele, gevra waarom die geld nie maandeliks aan die departement oorbetaal word nie en of die geld vir ander doeleindes aangewend word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.