Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vier maande ná herstelwerk is Emfuleni se Trustbankgebou weer onveilig

Slegs vier maande ná die afhandeling van omvattende herstelwerk aan die omstrede Trustbank-gebou in Presidentstraat, Vanderbijlpark, het plafonne verlede week ingeval.

Munisipale werkers wat daar werk, word, moet nou weer ’n veilige werkplek vind.

Die Trustbank-gebou, waar die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se departemente van menslike hulpbronne en ekonomiese beplanning gehuisves is, is reeds in 2024 herhaaldelik deur die departement van arbeid as onveilig verklaar.

Die gebou het geen natuurlike ventilasie nie, die lugversorgingstelsel was buite werking en talle van die 74 werknemers het voortdurend siek geword weens die swak werksomstandighede.

In Augustus 2024 is die gebou ontruim en herstelwerk het gevolg. ’n Jaar later, in Augustus 2025, is dit weer as veilig verklaar.

Nou, met plafonne wat inmekaar stort en teëls wat van die mure afkom, is dit duidelik dat die gehalte van die die kontrakteurs se werk ernstig tekortskiet.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder, April Ntuli, versoek om die kontrakteurs dringend terug te stuur om die skade te herstel en het sterk standpunt ingeneem dat die munisipaliteit ’n plig het om ’n oorsigrol te vervul en te verseker dat projekte suksesvol en volhoubaar afgehandel word.

Kontrakteurs moet vir ’n tydperk ná voltooiing van projekte aanspreeklik gehou word vir werk wat nie na behore gedoen is nie.

Die VF Plus sal die gebou weer besoek om herstelwerk te monitor. Brouwerk en swak vakmanskap kan eenvoudig nie geduld word nie veral nie waar mense se veiligheid op die spel is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.