Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Terwyl Emfuleni sink, wil ANC nuwe ampsmotor vir burgemeester koop

Die VF Plus het met die jongste raadsvergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) ʼn stokkie gesteek voor die speaker, Sibongile Soxuza, se voorstel dat ʼn nuwe ampsmotor vir dié vervalle munisipaliteit se burgemeester aangekoop word.

Die party het daarop aangedring dat die item terugverwys word en dat ʼn dienssertifikaat vir die huidige voertuig, ‘n 2022-BMW X3, aan die raad voorgelê word voordat so ‘n besluit geneem word.

Dit is ook onprakties en onverantwoordelik om só kort voor die komende plaaslike regeringsverkiesing ʼn nuwe ampsmotor aan te koop.

Die speaker wou aanvanklik die voorstel met die hulp van die ANC en sy koalisievennote deurdruk waarop die VF Plus die raadsaal uit protes verlaat het.

Kort daarna het Soxuza sy standpunt gewysig en ingestem om ’n dienssertifikaat aan te vra, soos deur die VF Plus voorgestel.

Hierdie voorval is nóg ’n bewys dat die ANC nie weet hoe om te regeer nie en nie omgee om ʼn munisipaliteit wat reeds op finansieel op sy knieë is, te plunder vir onnodige luukshede nie.

Emfuleni het ’n uitstaande skuld van R6,7 miljard aan Eskom en Rand Water en sukkel elke maand om salarisse en diensverskaffers te betaal.

Die raad moet eerder op hierdie werklike probleme fokus as op die aankoop van ’n nuwe ampsmotor.

Die VF Plus sal nie toelaat dat die raad oningeligte en onpraktiese besluite neem nie en sal aanhou druk uitoefen dat die munisipaliteit sy prioriteite regstel en op dienslewering en finansiële stabiliteit fokus.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.