Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien voorstelle in om sekerheidskontrak in Dipaleseng se kostes te snys

Die VF Plus in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) het voorstelle ingedien by die munisipale bestuurder, mnr. Lwazi Cindi en die burgemeester, mnr. Khethiwe Moeketsi, om die buitensporige hoë koste van ʼn sekerheidskontrak te verlaag.

Die ANC-beheerde raad beplan om die uitgawes verbonde aan sekerheidsdienste oor ʼn tydperk van drie jaar vanaf R19 miljoen tot R39 miljoen te verhoog.

Dit sluit hoofsaaklik in die aanstel van meer sekerheidswagte by munisipale bates. Dit is om vandalisme aan waterinfrastruktuur en elektriese infrastruktuur te bekamp.

Alhoewel die VF Plus saamstem dat die beveiliging van munisipale bates ʼn prioriteit is, is die voorgestelde kostes verbonde daaraan te hoog.

Dipaleseng se munisipale gebied strek oor sowat 2600 km² wat die gebruik van tradisionele sekerheidsmetodes onvanpas maak. Daar moet dus eerder na alternatiewe en goedkoper metodes gekyk word.

In plaas van ekstra wagte kan daar byvoorbeeld eerder ʼn uitgebreide netwerk van kringtelevisiekameras gerugsteun deur ʼn 24-uur-operasionele beheerkamer gebruik word.

Dit is hoog tyd dat die munisipaliteit ophou om belastingbetalers se geld te verkwis wanneer daar goedkoper oplossings beskikbaar is.

Die VF Plus het ook versoek dat daar ʼn ondersoek na die voorgestelde kontrak van stapel gestuur word om te verseker dat die verkrygingsproses korrek gevolg word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.