fbpx
Vryheidsfront Plus

Verskeie welsynsorganisasies in Gauteng sal deure moet sluit weens geldgebrek

Baie welsynorganisasies in Gauteng sal in April hul deure moet sluit.

Dit is ná die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se aankondiging dat sy begroting nie toelaat om aan alle niewinsgewende organisasies se finansiële aansoeke te voldoen nie.

Van die 1 350 welsynsorganisasies wat in die 2023/24-finansiële jaar wel fondse ontvang het, het verskeie reeds hul deure gesluit en maatskaplike werkers afgelê.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het self welsynorganisasies vandeesweek in ʼn mediaverklaring gewaarsku dat hy 1 732 aansoeke vir geldhulp ter waarde van R11,4 miljard ontvang het. Die departement het net ʼn begroting van R5,5 miljard.

Die departement is voorts besig met ʼn streng beoordeling wat die weg baan vir die hersiening en ondertekening van diensvlakooreenkomste.

Gevolglik het geen van die welsynsorganisasies wat die VF Plus gekontak het, befondsing ontvang nie.

Die nuwe finansiële jaar het op 1 April begin.

Die niewinsgewende organisasies het almal dieselfde boodskap – hul deure sal noodgedwonge moet sluit want hul koskaste is leeg.

Van die organisasies het reeds naasbestaandes in kennis gestel om, indien fondse nie spoedig ontvang word nie, ander planne te maak vir die versorging van hul familielede.

Tehuise vir bejaardes waarmee die VF Plus gepraat het, is dit eens dat bejaardes wat afhanklik is van maatskaplike toelae, die kwesbaarste is omdat hulle gesubsidieer word.

Hulle het nie meer geld om by te dra nie. Tehuise sal ook genoodsaak wees om maatskaplike- en verpleegpersoneel af te lê.

Met die Gauteng-begroting vroeër vanjaar, is aangedui dat die departement se 2024/25-begroting met 3% gesny is.

Dit terwyl die nood onder gemeenskappe daagliks groei weens die hoë werkloosheid in die provinsie.

Die VF Plus lê die maatskaplike krisis voor die deur van Panyaza Lesufi, die premier van Gauteng.

Belastinggeld kan nie aangewend word om Lesufi se ‘Ama-Panyaza’-projekte en verkiesingsbeloftes te befonds terwyl die provinsie afstuur op ʼn tweede Life Esidimeni nie.

Dit gaan lankal nie meer vir Lesufi oor die belange van inwoners of die ekonomiese vooruitgaan van die provinsie nie, maar oor sy eie politieke beeldpoetsery om sy politieke loopbaan te bevorder.

Die enigste oplossing om die lewenskwaliteit van Gauteng se weerlose inwoners te verbeter, is om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

Sonder die ANC kan ons Gauteng herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.