fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus word oorval met navrae van Ekurhuleni-inwoners oor eiendomswaardasies

Die VF Plus se kantore in Benoni word daagliks oorval met navrae van huiseienaars wat terugvoering ontvang het op vertoë wat hulle ingedien het by die Ekurhuleni-metroraad nadat die eiendomswaardasierol vir 2021-2025 verlede jaar bekendgestel is.

‘n Totaal van 47 610 besware van ontevrede huiseienaars is by die metroraad ingedien. Baie inwoners is nie tevrede met die terugvoering nie terwyl ander nog geen terugvoering op hul besware ontvang het nie.

Inwoners wat terugvoering ontvang het en/of wie se eiendomsbelasting reeds aangepas is sonder amptelike terugvoering en wat steeds ontevrede is met die uitslag, het tot 3 Maart 2022 om appèl aan te teken.

Die appèlaansoeke sal binne 14 dae deur die waardasie-appèlraad aangehoor word en indien huiseienaars steeds ontevrede is, kan ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien word.

Die VF Plus het in Maart 2021 ‘n beroep op inwoners van Ekurhuleni gedoen om die eiendomswaardasierol noukeurig na te gaan aangesien sommige van die eiendomswaardasies buitensporig verhoog is.

Sekere waardasies is met tot 100% verhoog.

Die VF Plus het ná die bekendstelling van die nuwe waardasierol dit duidelik gestel dat hy nie gekant is teen verhogings nie, maar verhogings moet realisties wees sonder om inwoners uit te buit en moet die huidige ekonomiese situasie in die land in ag neem.

Die VF Plus as koalisie-vennoot in die metroraad is van voorneme om alles in sy vermoë te doen om huiseienaars van hulp te wees om die situasie wat onder die ANC-regering ontstaan het, te beredder.

Die metro het ‘n nuwe dokument beskikbaar gestel waar verskeie prosesse verduidelik word. ‘n Persoon kan ook vasstel in watter stadium van afhandeling sy aansoek is.

Inwoners word aangemoedig om die metro se webtuiste te besoek by;
https://www.ekurhuleni.gov.za/business/property-valuation-and-rebates/valuation-rolls/valuation-roll-procedure.html

 

Navrae: 072 217 1951

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.