Die VF Plus het tydens die afgelope raadsvergadering van die Tshwane-metroraad sy kommer uitgespreek oor die metro se vlak van vordering met kapitaalprojekte en prestasies soos weerspieΓ«l in die derde kwartaal se dienslewering- en implementeringsplan.
Volgens die jongste verslag wat aan die raad voorgelΓͺ is, toon die meeste projekte Γ³f geen vordering nie Γ³f is ver agter die geskeduleerde teikens. Die statistiek is skokkend:
β’ 24 projekte toon 0% vordering.
β’ 43 projekte presteer tussen 1% en 39%.
β’ Slegs 15 projekte (minder as 15%) toon vordering tussen 70% en 99%.
Ten opsigte van kapitaalprojekte is slegs 32% van 158 projekte tot dusver sinvol uitgevoer. Dit beteken byna een uit elke sewe projekte het geen vordering getoon nie.
Dit is onaanvaarbaar dat belangrike infrastruktuur- en diensleweringsprojekte in die hoofstad van Suid-Afrika op hierdie wyse vertraag word of glad nie vorder nie.
Die reaksie van die stadsadministrasie is telkens dat hulle βkennis neemβ van die probleme.
Die VF Plus waarsku dat die dag gaan kom dat die dood van die hoofstad in die metroraad aangekondig word en selfs dan gaan die aanbeveling wees dat die raad βkennis neemβ.
Hoewel die metro ‘n skuldverligtingskema ingestel het en beweer dit is βallesomvattendβ, het slegs 102 huishoudings en drie ondernemings teen einde Maart 2025 daarvoor aansoek gedoen.
Dit is βn duidelike teken van beperkte impak. Die sogenaamde amnestie vir onwettige kragverbindings het 10 200 aansoeke gegenereer, wat minder as 0.02% van die uitgereikte rekeninge in November 2024 verteenwoordig.
Die VF Plus aanvaar nie langer die verskonings van βadministratiewe uitdagingsβ of die gebrek aan politieke wil om die gebrek aan prestasie te verduidelik nie.
Die metro het daadwerklike optrede nodig. Nie nΓ³g βn verslag of nΓ³g βn vergadering nie.
Die VF Plus eis dat elke departement en burgemeesterskomiteelid aanspreeklik gehou word vir hul verantwoordelikhede en dat onderprestasie as βn noodgeval behandel behoort te word.
Dienslewering is nie onderhandelbaar nie, veral nie in βn metro waar infrastruktuur onder druk is en gemeenskappe gereeld sonder water, elektrisiteit en met onveilige paaie sit nie.
Die inwoners van Tshwane verdien beter. Die VF Plus sal nie stilbly terwyl die wiele van die metro afkom nie.


