Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie Tshwane-metro se onrealistiese groeiteiken

Die VF Plus het hom sterk uitgespreek teen die Tshwane-metro se ekonomiese groei-advieskomitee se voorgestelde 3.9% groeiteiken. Dit is onrealisties en onhaalbaar gegewe Suid-Afrika se voorspelde bruto binnelandse produk (BBP)-groei van slegs 1.4% in 2025.

In stede van onuitvoerbare doelwitte, bepleit die VF Plus praktiese beleggingsaansporings en ʼn ondernemingsvriendelike omgewing waar privaatsektor-gedrewe groei werklik gestimuleer word.

Die voorstel van die regerende ActionSA/ANC/EFF-koalisie ignoreer bestaande strukture op nasionale en provinsiale vlak waar beleggings reeds gekoördineer word.

VF Plus stel eerder direkte beleggingsaansporings voor deur beleidsveranderings wat ekonomiese stimulering moontlik maak vir die sakesektor.

Dit sluit in:

• Belastingverligting deur verminderde tariewe vir nuwe ondernemings wat oor ʼn vasgestelde tydperk geleidelik aangepas word om stabiliteit en volhoubare winsgewendheid te bevorder.
• Benutting van kommersiële grond deur gunstige huurkontrakte vir beleggers in Tshwane.
• Samewerking met bestaande ekonomiese platforms op nasionale en provinsiale vlak eerder as die skep van onnodige burokratiese strukture.
• Openbare/private vennootskappe om werklike ekonomiese groei deur samewerking met die privaat sektor aan te moedig.

Die VF Plus steun sinvolle beleggingsaansporings wat die privaatsektor bemagtig om werklike en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te dryf.

Die party bly toegewyd aan pragmatiese ekonomiese beplanning, verantwoordelike regering en ʼn groeiende sake-omgewing wat beleggers lok en Tshwane as ʼn mededingende beleggingsbestemming versterk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.