fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus wil met takstigting in Langeberg groei in dié gebied bevestig

Die Vryheidsfront Plus beplan om eerskomende Donderdag, 20 Augustus, 'n tak vir Langeberg te stig.

Dit word gekoördineer deur Naomi Roelofse-Greef-Nel, VF Plus-raadslid vir Worcester en koördineerder in die streek.

Die tak word gestig in samewerking met Johnny Steenkamp, ‘n prominente sakeman van Robertson.

Doelwitte van die tak is om plaaslik betrokke te raak by die gemeenskap en om samewerking tussen die gemeenskap en die plaaslike regering te bevorder.

Die VF Plus in die Wes-Kaap is tans aktief besig in die provinsie en die doelwit is om in elke wyk van die Wes-Kaapse munisipaliteite ‘n kandidaat te stel vir die 2021-plaaslike verkiesing.

Die party in die Wes-Kaap word tans oorval met groot belangstelling vanuit die Robertson-gebied en die tak word gestig omdat die VF Plus van plan is om 'n groot inpak in dié gebied te maak met aanstaande jaar se verkiesing en daarna.

Die takstigting in Robertson sal waargeneem word deur Pieter Jansen van Vuuren in sy hoedanigheid as VF Plus-provinsiale organiseerder van die Wes-Kaap.

Navrae: 083 626 1497

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.