fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus wil by Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling weet of Rampbestuurswet selektief toegepas word

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Morakane Mosupyoe, gevra of sy noodleniging ingevolge die bepalings van die Rampbestuurswet gaan toepas deur selektief hulp te verleen aan sekere rasgroepe.

Indien wel, is daar geen morele regverdiging daarvoor nie en moet lede van die nie-aangewese groepe hulself posisioneer teenoor die diskriminerende en rassistiese ANC-regering.

Die regering se swart ekonomiese bemagtiging-wetgewing, is onder verdenking omdat swart werknemers van klein- en mediumondernemings wat deur wittes besit word, ook gedurende die staat van inperking benadeel word.

Baie ondernemings word gedwing om hul deure te sluit omdat hulle nie vir noodlenigingshulp kwalifiseer nie. Dit dra by tot die groeiende werkloosheidskoers en ekonomiese agteruitgang van Suid-Afrika.

Verkeerde beleidsbesluite kan verreikende gevolge vir die provinsie inhou en omvangryke skade aan die ekonomie aanrig.

Kontaknommer: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.