Die VF Plus doen ‘n beroep op voornemende studente om versigtig te wees vir swendelaars wat veral op sosiale media goedkoop verblyf aanbied. Dit geld ook vir vooruitbetaalde transaksies waar die status van die eiendom nog nie bevestig is nie.
Studente word aangeraai om eerder van gerespekteerde verhuringsagentskappe gebruik te maak en om seker te maak die geadverteerde woonplek bestaan wel en wie die wettige eienaar is.
Dit het al gebeur dat studente wat ver van die betrokke universiteit woon, met slenters gevang word en dan finansiële skade ly.
Studente word gemaan om bedag te wees en die tipe ongerymdhede dadelik by die polisie aan te meld.
Kontaknommer: 079-224-7321