fbpx
Vryheidsfront Plus

Eskom-kennisgewing om kragtoevoer in Mogale City te verminder: Gauteng-provinsiale regering gryp in op versoek van VF Plus

Die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Lebogang Maile, het in ‘n amptelike brief die VF Plus verseker hy sal alles in sy vermoë doen om te sorg dat die Mogale City-munisipaliteit sy afbetalingsooreenkoms met Eskom nakom.

Eskom het vandeesweek in ‘n koerantkennisgewing aangedui dat Krugersdorp en omliggende gebiede se elektrisiteitstoevoer vanaf 19 Maart verminder of onderbreek gaan word. Die stap volg nadat Mogale City nie sy afbetalingsooreenkoms met Eskom nagekom het nie. Mogale City skuld die kragverskaffer ‘n astronomiese R92 miljoen.

Die VF Plus het reeds Woensdag ‘n skrywe aan die LUR gerig. Maile het in sy brief aangedui dat hy bekommerd is oor die situasie in Mogale City asook die impak wat dit op die plaaslike ekonomie sal hê.

Die munisipaliteit het gister (Vrydag) onderneem om R32 miljoen aan Eskom te betaal en die oorblywende bedrag aan die begin van Februarie.

Maile is van voorneme om die situasie te monitor en het aangebied om ander munisipaliteite in die provinsie ook behulpsaam te wees.

Hy het die VF Plus-LPW, Amanda de Lange, bedank vir haar besorgdheid rondom die situasie.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te sorg dat inwoners nie deur die munisipaliteit se wanbestuur geraak word nie. Dit is onregverdig dat betalende inwoners moet boet vir diegene wat nie hul maandelikse rekeninge betaal nie.

Die drastiese optrede van Eskom teen nie-betalende munisipaliteite is weer ‘n bewys van die ANC-regering se onvermoë om munisipaliteite te bestuur.

Kontaknommer: 066 010 1053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.