Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Limpopo sal hom nie blind hou vir onbevoegde munisipaliteite se wanbestuur

Die VF Plus het hom gewend tot die departement van omgewingsake se Groen Skerpioene aangesien groot gebiede in Limpopo erg beïnvloed word deur wanbestuur en verwaarlosing deur munisipaliteite.

Die VF Plus het in ‘n skrywe gedateer 16 Januarie 2020 die departement versoek dat die Groen Skerpioene dringend aandag moet gee in die verband.

Van die klagte wat die VF Plus aan die Groen Skerpioene gerig het is:

Thabazimbi:
• Stortingsterrein: Geen toerusting om hierdie area te bestuur nie.
• Raphuti : grondgrype en rioolwater wat in die omgewing en ander behuisingsgebiede oorloop.
• Rioolwater wat in die Rooikuilspruit loop wat die Krokodilrivier voed.

Northam:
• Stortingsterrein: Swak en onverantwoordelike bestuur- Geen toerusting om die terrein te bestuur.
• Rioolwater wat in die Bierspruit oorloop wat ook die Krokodilrivier voed.

Mookgopong (Naboomspruit):
• Rou rioolwater wat in die Nylsvlei-omgewing loop wat ‘n bewaringsgebied is en deur die departement van omgewingsake bestuur word.

Lephalale (Ellisras):
• Stortingsterrein: Geen masjiene en swak bestuur.
• Onwettige informele nedersettings sonder riool-infrastruktuur.

Die VF Plus het dringend ingryping van die Groen Skerpioene versoek met hierdie kwessies. Die situasie vererger daagliks en die VF Plus sal hom nie blind hou vir die munisipaliteite se onvermoë om verantwoordelik op te tree nie.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.