fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku nasionale raad van provinsies dat landbougemeenskappe plaasaanvalle met vuur sal beveg

(Mosie sonder kennisgewing in NRP)

Die Vryheidsfront Plus het in ‘n mosie sonder kennisgewing in die nasionale raad van provinsies (NRP) daarop gewys dat plaasaanvalle, -moorde en grondbesettings aan die toeneem is en dat roekelose uitsprake deur sommige politici rassehaat, verdeeldheid en polarisasie in Suid-Afrika aanblaas.

Die VF Plus het ook die NRP gevra om kennis te neem van die feit dat president Cyril Ramaphosa tot dusver versuim het om standpunt in te neem oor plaasaanvalle en -moorde.

Net soos in die geval van transito-rooftogte en bendegeweld, bestaan daar ook ‘n dringende noodsaaklikheid om plaasaanvalle en -moorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Die landbougemeenskappe gaan nie langer slagoffers wees nie en sal vuur met vuur bestry binne die raamwerk van die wet.

Navrae: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.