Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku inwoners en kinders teen ‘n gevaarlike drein in Brenthurst Park

Die VF Plus waarsku inwoners, en veral kinders, van Brenthurst Park in Brakpan teen ʼn drein wat in ʼn parkie meegegee het tydens onlangse stormweer..

Dié park, waar kinders daagliks speel, is in die omgewing van Trollip-, Lemmer-, en Bothastraat.

Hoewel die drein se struktuur reeds voor die onlangse stortreën begin meegee het, het die Ekurhuleni-metro in gebreke gebly om die struktuur te herstel en het die toestand nou verder verswak.

Tans hou die oop drein nie net ‘n gevaar vir kinders in wat in die park speel nie, maar die gevaar bestaan dat nóg reën die walle van die drein verder kan wegkalwe en dat sinkgate kan inval wat huise in die omgewing kan beskadig.

Behalwe dat die metro die gevaarlike terrein onmiddellik moet afsper om ongevalle te voorkom, dring die VF Plus ook daarop aan dat die metro se departement van paaie en stormwater onverwyld ‘n inspeksie moet doen om die risiko vir die omliggende woonbuurt te bepaal.

Die party dring ook op ‘n herstelplan van die departement aan met duidelike tydlyne, om te keer dat die toestand met toekomstige reënbuie vererger.

Die VF Plus sal nie toelaat dat inwoners blootgestel word aan gevaarlike omstandighede omdat infrastruktuur in Ekurhuleni toenemend meegee nie.

Die party sal aanhou om die belange van inwoners op die hart te dra en sal die toestand dophou totdat ‘n veilige en permanente oplossing in werking gestel is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.