Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede teen munisipale rekening-vergrype in Matlosana

Die VF Plus dring daarop aan dat die chaotiese stand van die munisipale rekeningstelsel in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein), onverwyld reggestel word.

Die party het in ‘n skrywe dié versoek gerig aan die LUR vir samewerkende regering, behuising en tradisionele sake (Coghsta) in Noordwes, mnr. Gaoage Molapisi.

Talle inwoners en ondernemings in die gebied het sedert Desember aanmanings ontvang met dreigemente dat hul kragtoevoer afgesny sal word indien hulle nie onmiddellik hul “uitstaande rekeninge” vereffen nie.

By verre die meeste van die geraakte inwoners en ondernemings se rekeninge is wel tydig vereffen en hulle beskik oor dokumentêre bewyse daarvan.

Ander inwoners het duidelik foutiewe rekeninge ontvang waarin reuse-bedrae van hulle vereis word.

In sommige gevalle word inwoners met bedrae van tot R130 duisend aangeslaan.

Die munisipaliteit probeer die inwoners en ondernemings dan dwing om hierdie bedrae te betaal met ‘n vae belofte dat die rekeninge in die toekoms gerekonsilieer sal word.

Die VF Plus het Molapisi ook versoek om dringend ‘n moratorium te plaas op die afsny van kragtoevoer totdat die munisipaliteit se rekeningstelsel weer behoorlik funksioneer.

Onbeplande stakings in handels- en vervaardigingsaktiwiteite weens die afsny van kragtoevoer verlam onderneming en kan lei tot onnodige afleggings in ‘n gebied met ‘n reeds hoë werkloosheidsyfer.

Dit is ‘n skande dat die inwoners en die sake-gemeenskap van Matlosana moet ly onder die roekelose wanbestuur van hierdie ANC-beheerde munisipaliteit.

Die ANC in Matlosana hou ‘n werklike bedreiging in vir die inwoners en plaaslike ekonomie van die gebied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.