Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen verskonings meer vir Mogale City se R117 miljoen-waterverlies

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) kan nie langer verskonings aanbied vir die verstommende R117 miljoen se waterverlies wat in die 2024/2025 finansiële jaar aangeteken is nie.

Hierdie sogenaamde “nie-inkomste water” verwys na water wat die munisipaliteit aankoop, maar nie kan verhaal of aan inwoners faktureer nie.

Die munisipaliteit skryf die verlies toe aan waterdiefstal, onwettige verbindings, peutery aan watermeters en onberekende verbruik.

Alhoewel hierdie faktore wel ’n rol speel, vertel die munisipaliteit nie die volle verhaal nie.

Die werklike oorsaak lê in jare se wanbestuur en die verwaarlosing van infrastruktuur. Ou en verouderde pyplyne bars gereeld en herstelwerk neem dikwels langer as 24 uur – soms selfs dae – omdat basiese toerusting soos laaigrawe nie beskikbaar is nie.

Intussen syfer duisende liter water weg in die grond.

Die VF Plus waarsku dat die syfer in die huidige finansiële jaar (2025/2026) dieselfde of selfs hoër kan wees, aangesien daar geen daadwerklike plan in werking gestel is om waterverliese te verminder nie.

Dit is belastingbetalers wat die prys betaal vir die ANC-bestuur se onbevoegdheid, terwyl hul geld letterlik in die grond verdwyn.

Die VF Plus het reeds ’n brief gestuur aan die burgemeester, Lucky Sele, waarin ’n duidelike aksieplan geëis word.

Die munisipaliteit moet die verantwoordelikheid neem vir die gevolge van verwaarloosde infrastruktuur en ophou om die skuld net op eksterne faktore soos diefstal te plaas.

Die tyd het aangebreek om die ANC tot verantwoording te roep en ’n regering aan te stel wat werklik aanspreeklik is en die belange van inwoners eerste stel

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.