Die VF Plus het vandag tydens die eerste sitting van die Gautengse Wetgewer, ná die afgelope munisipale verkiesing, bietjie sout in die ANC se wonde gevryf.
Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het tydens 'n lede-toespraak onder toejuiging vanuit opposisiebanke, gesê dat die VF Plus die DA gelukwens met hul prestasie in Gauteng gedurende die munisipale verkiesing. Van Staden het gesê dat alle opposisiepartye, insluitende die VF Plus, baie goed gevaar en gegroei het in alle munisipaliteite in Gauteng.
"Ernstige werk gaan nou gedoen word in Pretoria, Johannesburg en Krugersdorp (Mogale City) om die belastingbetalers te dien en toe te sien dat hul belastinggeld effektief spandeer word. Die koalisie-regerings in hierdie munisipaliteite, wat die VF Plus insluit, sal demokrasie tuisbring en wet en orde herstel om 'n skoon en veilige omgewing vir almal te skep om in te leef en te werk.”
Van Staden het daarop gehamer dat die ANC in Pretoria, Johannesburg en Krugersdorp (Mogale City) geval het en dat die ANC in Gauteng nou met ernstige probleme sit. Van Staden het ook gesê dat hy nie kan wag dat die koalisie-partye in 2019 ook gesamentlik die provinsiale regering in Gauteng oorneem nie.
"Namens die VF Plus baie geluk aan die DA en ook aan my eie party, die VF Plus asook ander opposisiepartye wat nou deel is van hierdie nuwe regerings.”
Die ANC-sweep, Bryan Hlongwa, het hierdie gelukwense nie baie goed hanteer nie.
Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410
epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za