fbpx
Vryheidsfront Plus

LUR Lesufi moet ook optree teen rassistiese Tuks-student

Die VF Plus wil graag weet of die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, ook nou hard gaan optree teen 'n SR-lid van Tuks, Luvuyo Menziwa, wat gister 'n Facebook-inskrywing gemaak het dat hy wit mense wil doodmaak met 'n bazooka of AK-47.

Lesufi het gister aangekondig dat hy 'n kommissie van ondersoek gaan loods by die Pretoria High School for Girls nadat rassistiese uitlatings oor kinders se hare in die skool deur onderwysers gemaak is. Hy het ook die skool se gedragskode opgeskort.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op die gebeure gesê dat Lesufi moet intree by beide sake en nie net ingryp waar moontlike wit op swart rassisme bestaan nie, maar ook soos by Tuks waar swart op wit rassisme plaasvind.

"Lesufi speel 'n baie gevaarlike speletjie. In 'n mate bevorder hy swart op wit rassisme deur nie in sulke gevalle op te tree nie, maar wanneer swart kinders by hom gaan kla oor moontlike wit op swart rassisme, tree hy onmiddellik op. Lesufi sal, indien hy eerlike bedoelings het, in beide gevalle ewe hard optree maar in hierdie stadium bevraagteken ek sy motiewe.”

Intussen het die jeugleier van die VF Plus in Gauteng, Jean Kriek, daarop aangedring dat Menziwa dadelik uit Tuks geskors moet word en dat 'n omvattende ondersoek rondom hierdie man se uitlatings gemaak word. Ook dat hy aangekla moet word van rassisme en aanhitsing tot geweld.

Van Staden het daarop aangedring dat Lesufi die nodige ondersoek en stappe ook teen die student neem en dat Menziwa dadelik verskoning vir sy dade moet vra aangesien hy minderhede in Suid-Afrika se lewens erg berdreig.

 

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.