Dit is ‘kommerwekkend’ dat Eskom se raad sê daar is niks verkeerd of sinister aan die skorsing van sy uitvoerende hoof nie aangesien die vraag dan ontstaan waarom hy in die eerste plek geskors is, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings.
Dr. Groenewald sê die VF Plus het ook met kommer kennis geneem van Eskom se voorneme om van 3 389 hoogs geskoolde werkers ontslae te raak waarvan 1 081 wit ingenieurs.
“Die VF Plus sê vir die regering die kragkrisis in Suid-Afrika is van so ‘n aard dat daar weggedoen moet word met rasisme in die vorm van regstellende aksie. Suid-Afrika het die beste mense, manne en vroue, wat die beste gekwalifiseerd is, nodig om die werk in die land te doen.
“Ons almal weet wat die effek van Eskom en die kragkrisis op die ekonomie in sy geheel is, maar ook op elke individu in Suid-Afrika. U doen die mense van Suid-Afrika ‘n onguns aan met regstellende aksie en Eskom
“Die VF Plus sê skaf dit af sodat ons behoorlike dienste in die land kan kry,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403