fbpx
Vryheidsfront Plus

Matatiele: ANC kan Afbakeningsraad nie vir eie doeleindes misbruik nie

Die ANC misbruik die Afbakeningsraad as ‘n instrument om gemeenskappe te skuif in ‘n poging om die maksimum stemme in ‘n gebied te kry, soos wat nou die geval met Matatiele is, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor samewerkende regering.

Dr. Groenewald het gesê die kernprobleem by Matatiele is dat die ANC bang is om die gemeenskap oor te skuif na KwaZulu-Natal aangesien hy weet hy gaan stemme verloor in die proses. Dit is nieteenstaande die feit dat die meerderheid van Matatiele se inwoners graag ingelyf wil word by KwaZulu-Natal.

“In 2006 het die ANC geen beswaar gehad om Merafong in te lyf by die provinsie van Noordwes nie. Toe die mense van die gebied nie vir die ANC stem nie, is hulle teruggeskuif na Gauteng. Dit is duidelik dat die ANC met dieselfde probleem sit by Matatiele.

“Die ANC moet ophou om die Afbakeningsraad te misbruik vir sy grille en giere. Die raad is veronderstel om ‘n onafhanklike liggaam te wees, maar die ANC misbruik dit soos hy nou ook in Midvaal wil doen waar hy een groot metro wil maak.

“Maar eintlik is die onderliggende rede om die stemme te verdeel sodat die ANC oral die meerderheid kan kry om te regeer.

“Die Afbakeningsraad word ook misbruik om kleiner munisipaliteite te laat saamsmelt in ‘n enkele metro onder die voorwendsel dat daar dan beter dienste gelewer sal word. Hulle is oral besig daarmee, selfs in Noordwes.

“Die waarheid is egter dat die ANC-regering nie die vermoë het om goeie regering en dienste te lewer nie. Hy kan dit nie doen nie want hy stel nie mense op meriete aan nie.

“Tot daar nie van onbevoegde kaders sonder kwalifikasies ontslae geraak word nie, sal daar nooit goeie diens gelewer kan word nie,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.