Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-voorstelle om ANC se brouwerk met die land se geldsake reg te stel

Die ANC-regering het Suid-Afrika tot op die rand van die afgrond getransformeer, en die kredietgradeerder Standard & Poor’s se gradering van Suid-Afrika tot ‘n vlak net bo gemorsstatus getuig hiervan, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies.

Adv. Alberts het vandag in die parlementêre bespreking van die Staande Komitee se verslag oor die Oorweging van ‘n Fiskale Raamwerk en Inkomstevoorstelle gesê hierdie siening is hoegenaamd nie oordryf nie, en is gegrond op ‘n realistiese besinning oor die toekoms van die land.

Hy het gesê daar moet in die besonder kennis geneem word van die voorlegging van prof. Jannie Rossouw van UNISA aan die Staande Komitee.

“Prof. Rossouw en sy kollegas toon duidelik aan hoe Suid-Afrika voor ‘n fiskale afgrond staan. Daar sal dus drastiese veranderinge gemaak moet word om ‘n donker toekoms af te weer. Hierdie veranderinge sluit die volgende in:

“Dit is verstaanbaar dat daar druk op die minister is om weens ideologiese redes die verkeerde roete in te slaan. Indien die minister en die ANC met hierdie verkeerde roete volhard, sal hulle nie later kan sê hulle is nooit gewaarsku nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.