Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel geweld teenoor weerlose mense in die gemeenskap

Die VF Plus wil opnuut sy afkeer uitspreek in geweldsmisdaad in Suid-Afrika, en in besonder waar weerlose mense die slagoffers is, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-LP en partyleier in Gauteng.

Adv. Alberts sê net in die afgelope week het die media oor verskeie voorvalle berig waar bejaardes in uiters gewelddadige voorvalle aangerand en beseer is. Daar is ook berig oor ‘n hofsaak waar ‘n bejaarde vrou van haar verkragting vertel.

In ‘n ander voorval het rowers drie pensioenarisse en ‘n verstandelik gestremde vrou naby Heidelberg aangerand en hul pensioen- en spaargeld gesteel. Hulle is mnr. Dave du Toit (72), sy vrou Herculina (69), hul dogter Milanie (40) en suster Jannica (72).

Volgens adv. Alberts doen die polisie nie genoeg om die publiek te beskerm nie. Hy sê daar is ‘n ‘afwesigheid’ aan voorkomende maatreëls deur die regering en dat meer sigbare polisiëring nodig is.

“Ons wil nogtans die versekering aan alle misdaad-slagoffers gee dat ons deurentyd vir hulle in die bresse tree en groot druk op onder andere die provinsiale polisiekommissarisse plaas om hul werk beter te doen en die gemeenskap te beskerm,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.