Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra vir forensiese oudit oor bewerings teen EFF-lede

Die VF Plus neem kennis van ‘n verslag van amaBhungane (groep van ondersoekende joernaliste) wat aandui dat EFF-lede glo voordeel getrek het uit ‘n brandstoftender wat bykans R500 miljoen beloop. Die Tshwane-metroraad het die tender na bewering in Januarie 2019 goedgekeur.

Luidens die verslag moes die tender nie aan die maatskappy Balimi Barui Trading (BBT) toegeken gewees het nie weens die buitensporige pryse waarteen brandstof aangebied is.

BBT het glo miljoene rande aan maatskappye betaal wat na bewering verbintenisse het met die EFF-leier Julius Malema en die EFF-LP Marshall Dlamini. Die betalings het glo teen einde Augustus 2019 reeds R15 miljoen beloop.

Die VF Plus steun die burgermeester, Stevens Mokgalapa, se besluit om die saak te laat ondersoek deur die waarnemende stadsbestuurder, Moeketsi Ntsimane. Die VF Plus dring egter ook aan op ‘n forensiese ondersoek deur ‘n onafhanklike forensiese ouditeur.

Die VF Plus sal die forensiese verslag verwys na die metroraad se openbare rekeningekomitee om sodoende behoorlike oorsig daaroor uit te oefen.

Die Tshwane-metroraad het glo in die verlede ook sake met BBT gedoen, wat ‘n verskeidenheid van ander dienste ingesluit het. Die VF Plus oorweeg om ook hierdie tenders aan BBT deur die openbare rekeningekomitee te laat ondersoek.

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.