Die VF Plus doen ’n beroep op alle ouers om aktief deel te neem aan die verkiesing van skoolbeheerliggame. Beheerliggame word tussen 6 en 28 Maart verkies vir ’n termyn van 3 jaar.
Ouers kan hulself beskikbaar stel vir dienslewering in die beheerliggaam of deelneem aan die verkiesing. Twee ouers per leerling mag stem. Ouers moet seker maak dat hulle geregistreer is as stemgeregtigdes. Hulle name moet as ouers in die skool se toelatingsregister geregistreer wees.
Hierdie verkiesings is naas die nasionale-, provinsiale- en munisipale verkiesings die mees omvattende proses waar Suid-Afrikaanse burgers hulle demokratiese reg uitoefen om self liggame daar te stel wat ’n beduidende invloed op die lewens van hulle kinders gaan hê gedurende die volgende 3 jaar.
Skoolbeheerliggame is ’n belangrike instrument waarmee ouers self besluit oor die wel en weë van hulle kinders.
Beheerliggame vervul onder andere die volgende belangrike funksies:
In die lig van die omvang van die bestuur van ’n skool, behoort ouers toe te sien dat persone met kundigheid en integriteit op die beheerliggaam dien. Ouers sal gerus wees as hulle weet die skool word bestuur deur persone wat ouers se waardes en beginsels sal toepas in hulle beheer oor die skool se werksaamhede.
Ouers kan nie die toekoms van hul kinders in die hande laat van ’n regering met gans ander waardes as hulle eie – waardes wat die ANC-regering met mag op ons skole en daarmee saam op ons kinders wil afdwing. Dit is veral belangrik dat ouers beheer neem van die taalbeleid by die skole van hulle kinders.
Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet het ouers gedurende Maartmaand ’n geleentheid om met sy of haar demokratiese stem self beheer uit te oefen oor wat in die skool gaan gebeur gedurende die volgende drie jaar.
Sakkie du Plooy
083 448 9473