Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bob van Reenen Sportstadion geplunder en verwoes deur ANC

Die eens spoggerige internasionale Bob van Reenen-sportstadion wat ‘n vlagskip van Krugersdorp en die Wesrand was, is deesdae ‘n hartseer en vervalle monument van die ANC se korrupsie, wanbestuur en leë beloftes, sê Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus-raadslid in Mogale City.

Sy sê jare se beloftes en ondernemings deur Mogale City en Gauteng Provinsie oor die stadion het op niks uitgeloop nie. Gauteng Provinsie het in sy 2014/15-begroting R314 miljoen vir werk aan die stadion bewillig, maar niks het hiervan gekom nie.

Dit nadat dié provinsie se voormalige LUR vir sport, Lebogang Maile, asook die voormalige premier, Nomvula Mokonyane, by verskeie geleenthede vol beloftes en ondernemings was om die eens glorieryke tartanbaan-stadion tot sy volle glorie te laat herleef.

Volgens De Lange was die stadion ‘n groot lewensaar vir die Wesrand en het dit bekende internasionale atlete gelok, waaronder Paul Nash, wat een van sy wêreldrekords op dié baan opgestel het.

Plaaslike jong mense word nou die geleentheid ontneem om hul volle sportpotensiaal te ontwikkel met ‘n goeie baan tot hul beskikking. Saam met die fokus op atlete, is daar ook rugby op die aangrensende rugbyveld gespeel en top-afrigters het ander sportsoorte soos gimnastiek afgerig.

De Lange sê by die gronde is kennisgewings wat die publiek toegang verbied aangesien dit onder konstruksie is en daarom volgens wet nie deur ongemagtigde persone betree mag word nie.

Groot elektriese kragkabels, wat krag voorsien aan die oorhoofse spreiligte, staan bo die grond uit en oop kragdrade hang oral binne die geboue onder die paviljoene. Nuwe wasbakke en toilette wat ingesit is, is stukkend geslaan en stortkoppe en krane is uit die mure geruk.

Vullis en gebruikte kondome lê die leë vertrekke vol en die stank van gebruikte toilette, wat nie gespoel kan word nie omdat water nog nie gekoppel is nie, is oorweldigend. Dit alles is tekenend van die skokkende onbevoegdheid van regeringslui.

Ironies genoeg mag die brandweerdienste se beamptes nie die stadion gebruik om te oefen soos hulle altyd gedoen het nie, maar die munisipale bestuurder het geen probleem om die publiek toe te laat om kerkdienste op die konstruksieperseel te hou met getalle van tot 3000 mense nie.

De Lange sê daar word geen ag geslaan op haar talle skrywes aan die burgemeester, Calvin Seerane asook die munisipale bestuurder, Dan Mashitiso wat hulle waarsku teen die onwettige gebruik van die stadion en hul regsaanspreeklik nie.

Die VF Plus beplan nou om klagte teen die verantwoordelike partye in te dien en sal die kwessie nie laat vaar tot sukses bereik is nie, sê De Lange.

 

Amanda de Lange

Kontaknommer: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.