fbpx
Vryheidsfront Plus

Harde vrae in Nederlandse parlement oor Suid-Afrika gevra

Indringende vrae word tans in die Nederlandse parlement gevra oor onder meer die stand van demokrasie en diskriminerende wetgewing in Suid-Afrika.

Dit is ‘n direkte uitvloeisel van ‘n artikel wat in die Nederlandse webkoerant, De Dagelijkse Standaard verskyn het (http://www.dagelijksestandaard.nl/2015/02/die-afrikaner-vryheid/) na gesprekvoering tussen dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, en ‘n Nederlandse joernalis, mnr. Dennis de Witte.

‘n Nederlandse parlementslid, mnr. Han ten Broeke van die Volkspartij voor Vrijheid en Democratie (VVD), het vyf geskrewe vrae aan die betrokke minister gestel wat nou beantwoord moet word. Dit lui as volg:

Volgens dr. Mulder het De Witte onder meer ‘n aantal vrae oor die situasie in Suid-Afrika aan hom gestuur om te beantwoord. Dr. Mulder het ook enkele artikels wat hy self geskryf het, aan De Witte gestuur.

“By die VF Plus besef ons deeglik hoe belangrik dit is om die wêreld in te lig oor veral diskriminasie teenoor minderhede. Dit waarom ons verlede jaar besoek afgelê het by die Verenigde Nasies (VN) en die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO).

“Ons het daar voorleggings gedoen oor diskriminerende wette soos Regstellende Aksie (RA), die stryd van Afrikaans, plaasaanvalle en grondeise. Dit duidelik dat hierdie veldtog om die buitewêreld in te lig, vrugte afwerp en verskerp moet word,” sê dr. Mulder.

Dr. Mulder sê alhoewel hy die vrae in die Nederlandse parlement verwelkom, is dit kommerwekkend om te sien dat soveel mense in die buiteland, en veral politici, oënskynlik steeds in die duister is oor wat werklik in Suid-Afrika gebeur.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.