Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra OB om Eskom se waarnemende hoof te ondersoek oor tenders wat sy stiefdogter glo bevoordeel het

Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) gevra om beweringe in onlangse mediaberigte te ondersoek wat daarop dui dat die waarnemende hoof van Eskom, Matshela Koko, se stiefdogter direk verbind word met reuse tenders wat Eskom toegestaan het aan ‘n maatskappy waarvan sy aandeelhouer en direkteur is.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie, skryf in sy versoek aan die OB die tenders wat aan die maatskappy Impulse International toegeken is, en waarby Koko se stiefdogter Koketso Choma betrokke is, is ‘onreëlmatig en verdag”.

Luidens ‘n berig in die Sunday Times is R1,8 miljard se tenders aan Impulse International toegeken. Daarvan is R16 miljoen glo gekanaliseer na Ukwakhiwa Investments waarvan Choma die enigste direkteur is.

Impulse het glo ook ‘n bedrag van R1,7 miljoen aan die ANC geskenk kort nadat die maatskappy ‘n tender van R14,2 miljoen van Eskom losgeslaan het.

“Die VF Plus vra dat hierdie beweerde onreëlmatighede volledig ondersoek word. Die OB moet kyk of daar misdrywe gepleeg is, en indien Eskom verliese gely het in die proses, moet die betrokke amptenare persoonlik daarvoor aanspreeklik gehou word,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.