Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra inwoners van Pretoria om insette te lewer oor voorgestelde waardasierol

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners van Pretoria om die voorgestelde eiendoms-waardasierol vir dié metro noukeurig na te gaan om seker te maak die waarde gekoppel aan hul eiendom is billik. Indien nie, moet daar sonder verwyl beswaar aangeteken word.

Die voorgestelde waardasierol sal, indien dit goedgekeur word, vanaf 1 Julie 2020 tot 30 Junie 2024 geldig wees.

Die insette van inwoners is van kardinale belang aangesien eiendomsbelasting bereken word op grond van die waarde van eiendom soos dit op die waardasierol verskyn. Die nuwe voorgestelde waardasierol word onder leiding van die administrateurs van Tshwane-metro gedoen.

Besware sluit op 26 Junie 2020 om 12:00.

Die waardasierol is beskikbaar by: http://www.tshwane.gov.za/PropertyValuations/default.aspx.

Vir nader inligting en vir die indien van besware, kan die volgende amptenare direk geskakel word:

Sherry Hendricks
Tel: 012 358 83
E-pos: sherrylh@tshwane.gov.za

Letticia Tshuto
Tel: 012 358 8343
E-pos: letticiar@tshwane.gov.za

Navrae (Awie Erasmus): 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.