fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra inwoners van Krugersdorp om op te staan teen geweld teen vroue en kinders

Misdaad teen vroue en kinders sal alleen drasties verminder wanneer die gemeenskap, regering, nie-regeringsorganisasies asook die sakesektor saamstaan om dié euwel uit te roei, het Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir Mogale City, gesê.

Steenkamp het Sondag afgevaardigdes by ‘n veiligheid-imbizo in die dorp toegespreek. Die imbizo is deur die onderwysdepartement se Gauteng-Wes distrikskantoor gereël na aanleiding van onlangse moorde, ontvoerings en mensehandel in die omgewing.

“Toegewyde samewerking deur regeringsdepartemente, akademiese navorsers, nie-regeringsorganisasies , finansiële ondersteuningsinstansies en die media is ‘n absolute vereiste vir ‘n oplossing van die kommerwekkende verskynsel.

“Ten spyte van Suid-Afrika se omvattende wetgewing wat ook deur internasionale wetgewing ondersteun word en die regte van vroue en kinders beskerm, word dit swak toegepas. Die verantwoordelikheid om geweld teen vroue uit te wis, is nou aan die vrou self oorgelaat deurdat sy glo ‘bemagtig’ word.

“Die oorsaak van dié tipe misdaad kan eerder toegeskryf word aan die stigma van onderdanigheid wat aan vroue toegeken is, gesin-gedragspatrone, alkohol- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld en seksuele misbruik van vroue en kinders. Die integriteit van vroue word doodeenvoudig nie respekteer nie.

“Munisipaliteite moet ‘n belangrike rol speel in effektiewe polisiëring om te sorg dat gemeenskappe beveilig word. Mogale City, soos baie ander dorpe en stede, het ‘n toename in wetteloosheid soos dronkbestuur, spoedoortredings, ens. en hierdeur plaas die oortreder die lewens van ander in gevaar.

“Die dorp se openbare veiligheidsdepartement gaan nie net hul beste lewer om misdaad vas te vat nie maar ook om die Mogale City gebied sover moontlik ‘n misdaadvrye dorp te maak,” het hy gesê.

Steenkamp het inwoners van Mogale City uitgenooi om hande te vat om so die dorp ‘n veiliger plek te maak om in te woon.

 

 

Tel: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.