fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra dringende debat in Parlement oor Nkandla-verslag

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Speaker in die Parlement, in terme van reël 103 en 104 van die Nasionale Vergadering, vra dat ‘n dringende debat van openbare belang oor die Nkandla-verslag gehou word. Hoewel die Parlement in reses is en die oorweging van die Speaker gewoonlik gedoen word wanneer die Parlement in sitting is, beskou die Vryheidsfront Plus hierdie saak van soveel openbare belang dat die Speaker ‘n uitsondering moet maak en selfs ‘n spesiale sittingsdag reël,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre leier.

“Hierdie versoek is anders as die DA se substantiewe mosie waar die mosie heel waarskynlik deur die ANC-meerderheid afgestem sal word. Die VF Plus rig hierdie versoek en die Speaker sal dit moeilik van die hand kan wys in terme van die vereistes van reël 103 en 104. Hierdeur kan verseker word dat pres. Zuma en sy ministers minstens moet debatteer in die Nasionale Vergadering oor die bevindinge van die verslag,” het Groenewald gesê

“Die VF Plus begin ook met ‘n veldtog op die sosiale media deur facebook en twitter met die slagspreuk “Beskerm die Openbare Beskermer” ter ondersteuning van die OB om te verseker sy voltooi haar termyn en dat haar veiligheid gewaarborg word.

Ter aansluiting hierby, loods die VF Plus ook binne die volgende dag ‘n webblad by die skakel www.protectpublicprotector.org.za.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.