Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Menseregtedag:ANC-regering vertrap die regte van minderhede in Suid-Afrika

 

 

Die regte van minderhede word al hoe meer vertrap in Suid-Afrika en minderheidsgroepe voel toenemend vervreemd in hul eie land het, dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, vandag op Menseregtedag in Bellville gesê.

Dr. Mulder het by Danie Uys-park in Bellville gepraat op ‘n Ope Dag waar die regte van minderhede gevier is.

Verteenwoordigers van groepe uit die bruin gemeenskap.het die dag saam gevier en mnr. Peter
Marais, voormalige burgemeester van Kaapstad, is een van die sprekers wat die verhoog met dr. Mulder gedeel het.

Dr. Mulder het onder meer oor misdaad en plaasmoorde gepraat, maar het die klem laat val op die
belangrikheid vir minderhede om hande te vat in die stryd teen die ANC-regering. Hy het gesê die regerende party sal net met ‘n meerderheid van minderhede by die stembus geklop kan word.

Oor regstellende aksie het dr. Mulder gesê dit is veral onregverdig teen jong vrygeborens wat bloot weens die kleur van hul vel nie dieselfde geleenthede as swartes kry nie.

“Veral in die Wes-Kaap word wit en bruin swaar deur regstellende aksie getref. Indien werkgeleenthede streng volgens die nasionale demografie toegeken word, sal dit beteken dat sowat 80% van alle werk in dié
provinsie aan swartes toegeken word terwyl bruines byna 50% van die bevolking uitmaak.

“Dit is onregverdig en skep nuwe ongelykhede. Veral jong mense word hierdeur benadeel. Ons wil weet hoe lank dit nog gaan voortduur,” het dr. Mulder gesê.

Oor misdaad het hy gesê beskikbare navorsing wys dat sowat 121 mense uit 100 000 van die bevolking op plase vermoor word. Hy het weer ‘n beroep op die regering gedoen om misdaad tot prioriteitsmisdaad te laat
verklaar.

“Daar is nie amptelike syfers hieroor nie. Ons wil weet hoeveel boere word vermoor, hoeveel plaaswerkers. Toe transito-rooftogte ‘n groot probleem was, is dit tot prioriteitsmisdaad verklaar. Dit het gewerk, ons
hoor nie meer daarvan nie. Dieselfde moet met plaasmoorde gedoen word.

“Net 12% van alle misdade eindig in ‘n skuldigbevinding. Dit beteken dat 88% van misdadigers in Suid-Afrika vry rondloop,” het dr. Mulder
gesê.

 

Dr. Pieter Mulder

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.