Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus ondersteun Solidariteit en Renate Barnard met voortslepende regstel-saak wat vandag in Grondwethof aangehoor word

Die VF Plus steun Solidariteit in sy saak vandag in die Grondwethof waar die polisie gaan probeer om die beslissing van die appèlhof aangaande Renate Barnard omver te werp, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Arbeid.

Volgens adv. Alberts het Solidariteit aangekondig dat hulle in die afsienbare toekoms gaan optree namens nog 32 ander persone wat werknemers is of was by staats- en semi-staatsinstellings 

“Dit is jammer dat die polisie hom nie wil neerlê by die beslissing van die appèlhof in Bloemfontein nie. Vyf regters het in November beslis dat daar onbillik teen Barnard gediskrimineer is deurdat sy drie keer vir bevordering oor die hoof gesien is. Barnard se stryd duur al agt jaar.

“Die saak sal nogtans ‘n waterskeidende effek hê in toekomstige sake met rassediskriminasie as grondslag en kan regstellende aksie soos dit tans toegepas word, tot ‘n groot mate neutraliseer.

“Dit kan verreikende gevolge inhou vir wit en bruin mense in die land wat weens hul velkleur nie oorweeg word vir werk of bevordering nie. Die VF Plus steun Solidariteit en Barnard in die saak en glo geregtigheid sal seëvier,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.