fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus besorg oor toestand van paaie in Vrystaat

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het ‘n dringende brief aan die LUR vir Paaie in die Vrystaat, mnr.  B. Komphela, gestuur oor talle grond- en teerpaaie in die provinsie wat in so ‘n mate verval het dat dit lewensgevaarlik is om daardie paaie te gebruik.

Die Vryheidsfront Plus gaan foto’s van die spesifieke paaie aan Carte Blanche stuur, sodat die publiek en die regering die verval kan aanskou.

Die uiters swak toestand van verskeie paaie in die provinsie verhoed dat boere hulle produkte oor hierdie paaie kan vervoer.  Talle boere het reeds klagtes oor die paaie ingedien, maar geen aandag word deur die regering daaraan gegee nie.  Die toestand is so ernstig dat vervoermaatskappye weier om veevoer en ander produkte oor hierdie paaie te vervoer.

Omdat die Vrystaat sentraal in Suid-Afrika geleë is, gebruik byna al die provinsies baie van die Vrystaat se paaie en daarom behoort die nasionale regering ‘n groot bydrae te lewer om die Vrystaat se paaie in stand te hou.

Die Vrystaat het R449, 740 miljoen vanaf die nasionale tesourie ontvang vir paaie in die provinsie.  Hierdie bedrag moet voor 31 Maart 2014 spandeer word.  Die VF Plus hoop van harte dat die geld betyds gebruik sal word om die toestand van die provinsie se paaie te verbeter.

Die VF Plus eis dat baie dringend aandag aan die paaie in die Vrystaat gegee moet word, omdat hierdie paaie van die swakste in die land is.

 

JAN VAN NIEKERK

(083 743 2042)

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.