Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp onbefondsde Govan Mbeki-begroting

Die VF Plus het teen die begroting van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit gestem omdat dit onbefonds en onvolhoubaar is.

Die ANC en EFF het die begroting met ’n tekort van sowat R515 miljoen goedgekeur, ten spyte van ernstige kommer oor die wettigheid en volhoubaarheid daarvan ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA).

Die munisipaliteit erken self dat sy finansiële posisie kritiek is. Skuld beloop tans R7,6 miljard met skuld net aan Eskom en Rand Water sowat R6,6 miljard.

Betalings aan diensverskaffers word nie betyds gedoen nie, wat verdere rente en moontlike regsaksies kan veroorsaak. Boonop bestaan daar ernstige kommer dat die munisipaliteit nie sy finansiële verpligtinge sal kan nakom soos die MFMA vereis nie.

Ten spyte hiervan word inwoners vanaf 1 Julie 2026 met nuwe tariefverhogings gekonfronteer:
• Elektrisiteit: 12,74%
• Water: 11%
• Riool: 3,7%
• Vullisverwydering: 3,7%

Hierdie verhogings kom terwyl gemeenskappe reeds sukkel met watertekorte, kragonderbrekings, vervalle infrastruktuur en stygende lewenskoste.

Die munisipaliteit het ook erken dat sekere projekte en aktiwiteite weens kontantvloeibeperkings uitgestel sal moet word, wat die risiko vir dienslewering en infrastruktuuronderhoud verhoog.

Die VF Plus glo inwoners verdien ’n begroting wat op realistiese inkomste, verantwoordelike bestuur en volhoubare dienslewering berus.

Die party sal aanhou om besluite wat finansieel onwettig en onverantwoordelik is, teë te staan en sal druk toepas vir beter finansiële toesig en aanspreeklikheid.

Die inwoners van Govan Mbeki kan nie aanhou betaal vir die ANC se jare van swak bestuur en verkeerde prioriteite nie.

Inwoners verdien ’n munisipaliteit wat verantwoordbaar is en dienslewering eerste stel.

Op 4 November het kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem en sodoende ’n bestuur te kies wat eerlike finansies, volhoubare infrastruktuur en gemeenskapsbelange voorop plaas.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.