Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburg-metro stort miljoene liter onverwerkte riool in riviere

Drie van die Johannesburg-metro se rioolsuiweringsaanlegte, wat nie behoorlik funksioneer nie, is verantwoordelik vir die sowat 90 miljoen liter onverwerkte riool wat per dag in riviere invloei en uiteindelik in die Hartbeespoortdam beland.

Dié skokkende feite is Woensdag tydens ʼn vergadering van die oorsigkomitee vir omgewingsake bekendgemaak.

Omdat die metro op ʼn waterskeiding lê, word die onverwerkte riool deur die Kliprivier na die suide afgevoer, terwyl die grootste gedeelte deur die Jukskeirivier na die noorde vloei en uitmond in die Hartbeespoortdam. Dit verklaar in ʼn groot mate die hiasint-probleem in die dam.

Benewens agterstallige instandhouding, het ses rioolsuiweringswerke in Johannesburg ook nie die kapasiteit om die groeiende volume riool te verwerk nie.

Die besturende direkteur van Johannesburg Water, Nishavheni Mukwevho, het die komitee beloof dat dringende aandag aan die agterstallige onderhoud gegee sal word.

Die VF Plus sal aanhou om sulke ernstige en onwettige besoedeling aan die lig te bring en sal die betrokke departemente en amptenare aanspreeklik te hou. Dit is onaanvaarbaar dat Johannesburg se rioolkrisis die omgewing en ander munisipaliteite se waterbronne besoedel terwyl inwoners vir basiese dienslewering betaal.

Die Johannesburg-metro se groot finansiële probleme ry dienslewering verder in die wiele.

Dit is nou elke inwoner se plig om te registreer en op 4 November 2026 te stem. Die VF Plus is gereed om ’n leidende rol in die bestuur van die metro te speel en die ANC-regering uit die kussings te lig.

Ná jare van swak bestuur kan Johannesburg nie bekostig om nog vyf jaar onder ANC-beheer te bly nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.