Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp NMBM-aansuiweringsbegroting en soek antwoorde oor biblioteekbefondsing

Die VF Plus het die 2025/26-aansuiweringsbegroting van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) nie gesteun nie ondanks die meerderheidstem waarmee dit goedgekeur is.

Die party se besluit was gegrond op ernstige kommer oor ʼn gebrek aan deursigtigheid en verantwoordelikheid met openbare fondse.

Die kernprobleem is die herleiding van R13,9 miljoen wat oorspronklik geoormerk was vir die herstel en heropening van die metro se hoofbiblioteek – ’n projek wat al ses jaar lank uitgestel word.

Hierdie fondse is nou weer na ander projekte verskuif, insluitend opgraderings aan swembaddens.

Nie die waarnemende stadsbestuurder, adv. Lonwabo Ngoqo, of die hoof finansiële beampte, mnr. Jackson Ngcelwane, kon ‘n bevredigende verduideliking gee waarom hierdie herleiding plaasvind nie.

Ook nie waarom daar nie vir sulke projekte afsonderlik begroot word en dit behoorlik voor die raad laat dien nie.

Meer kommerwekkend is die toekenning van R500 000 vir rekenaars en rekenaartoerusting. Amptenare kon nie behoorlik verduidelik waarom hierdie bedrag nodig is nie, wie daarby gaan baat vind, of waarom dit nie as ’n afsonderlike item vir openlike debat gebring is nie.

Die speaker, mnr. Eugene Johnson, het ook die VF Plus se mikrofoon laat afskakel nadat die party daarop aangedring het dat belastingbetalers geregtig is op antwoorde oor bogenoemde vrae.

Deursigtigheid en aanspreeklikheid is nie onderhandelbaar nie.

Die VF Plus sal aanhou om hierdie kwessies aan te spreek en te verseker dat openbare fondse verantwoordelik, wettig en in die beste belang van die inwoners van die NMBM aangewend word.

Inwoners verdien ’n administrasie wat vrae beantwoord en nie stilmaak nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.