fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom verslag oor Charlotte Maxeke-hospitaal

Die VF Plus het die verslag rondom die tragedie by die Charlotte Maxeke-hospitaal verwelkom. Die party het met die ineenstorting van die dak vroeër vanjaar daarop aangedring dat die LUR ‘n volledige verslag rondom die gebeure moes vrystel.

Die VF Plus is egter van mening dat die kontrakteurs, Thandzanani Trading Enterprise, nie alleen die blaam vir die dak se ineenstorting moet dra nie, maar dat die LUR van infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, Jacob Mamabolo, ook verantwoording hiervoor moet aanvaar.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie gesê dat die LUR se verklaring op 3 Maart 2017, dat die gebou veilig is, vals is nadat berigte in die media die rondte gedoen het dat hospitaal-personeel aangedui het dat ‘n gedeelte van die dak reeds op 23 Januarie 2017 inmekaar gestort het. Die VF Plus het destyds aangedui dat die beweringe in ‘n baie ernstige lig beskou moet word en nie geïgnoreer kan word nie.

“Mnr. Mamabolo probeer nou deur die jongste optrede homself te verontskuldig met wat by Charlotte Maxeke gebeur het. Die kontrakteurs kan nie alleen die skuld hiervoor dra nie en die LUR moet hiervoor verantwoordelik gehou word. As die LUR sy werk gedoen het en reeds in Januarie opgetree het toe die eerste ineenstortings plaasgevind het, sou hierdie tragedie nie gebeur het nie. In plaas daarvan het die LUR ‘n blinde oog gedraai en nou probeer hy homself uit die moeilikheid uit wurm.

“Die VF Plus is van mening dat ‘n behoorlike proses inwerking gestel moet word waar maatskappye, wat vir sulke werk tender, eers behoorlik ondersoek moet word alvorens hul aangestel word. Daar moet behoorlik seker gemaak word dat die maatskappye wat tender wel bevoeg is om sulke werk te kan verrig,” het Van Staden gesê.

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410
epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.