Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom verskuiwing van twee wit renosters uit Mthethomusha-wildreservaat

Die VF Plus verwelkom die verskuiwing van twee witrenosters deur die Mpumalanga-agentskap vir toerisme en parke (MTPA) uit die Mthethomusha-wildreservaat.

Die party het vandeesweek ‘n dringende versoek gerig aan Mpumalanga se LUR vir omgewingsake, Vusi Shongwe, om bedreigde wild so spoedig moontlik uit die reservaat te verwyder en die heining te herstel om stroping te voorkom.

Die twee witrenosters wat verskuif is, het egter reeds deur die beskadigde heining beweeg en is langs ‘n teerpad buite die reservaat gevind. Hulle is verdoof en verskuif na ‘n onbekende plek.

Die reservaat se heining is beskadig en die Bongani Mountain Lodge is afgebrand deur lede van die aangrensende gemeenskap ná die skietdood van ‘n vermeende stroper.

Die VF Plus sal druk uitoefen op die LUR en MTPA om ook die twee oorblywende witrenosters en ander bedreigde wild te verskuif na ‘n veiliger omgewing.

Navrae: 076 687 2830 / 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.